Hilary Hahn | |
---|---|
Hahn in 2006 | |
Agtergrondinligting | |
Gebore | 27 November 1979 Lexington, Virginië, VSA |
Genres | Klassiek |
Beroep(e) | Violis |
Instrumente | 1864 J.B. Vuillaume (Il Cannone Guarneri-reproduksie) |
Webwerf | http://www.hilaryhahn.com |
Hilary Hahn (* 27 November 1979 –) is 'n Amerikaanse violis. Sy het dwarsoor die wêreld as beide solis saam met leidende orkeste asook as 'n solo-uitvoerder opgetree. Sy het ook 'n reputasie as 'n voorstander van kontemporêre musiek opgebou. Verskeie komponiste het al vir haar werke geskryf, insluitende die concerti deur Edgar Meyer en Jennifer Higdon, partitas deur Antón García Abril, en 'n viool- en klaviersonate deur Lera Auerbach.